Explore the latest books of this year!
Bookbot

De sneeuwslaper

Parameters

  • 160 pages
  • 6 hours of reading

More about the book

Hoe ontstaan stories, en waarom? Dít is die vrae wat die skeppende skrywer besig hou. Wat is die voorwaarde vir die skryf van fiksie? Nood, dwang, ’n luisteraar, ’n geleentheid, ’n retoriek.In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt. Dit is die aanvanklike gebrek aan begrip vir ’n vriend of medemens wat aangrypend deur die spreker in elke verhaal onthul word (nie sonder humor nie), en wat uiteindelik ’n loutering teweegbring – in verteller én leser. “Die swanefluisteraar – ’n intreerede”: ’n Dosent in kreatiewe skryfwerk kom haar moses teë in ’n buitengewone student (“van wie ek alles geleer het wat ’n skrywer moet wéés ...”). “Die slagwerker – ’n grafrede”: Die aard van vriendskap ontvou wanneer die vriend van ’n gestorwe outeur roubeklaers toespreek op sy begrafnis. “Die sneeuslaper – ’n veldwerkverslag”: ’n Veldwerker wat meedoen aan ’n ondersoek na haweloses misreken haar met ’n wel ter tale boemelaar. (“Ek sal my sneeustorie mooi vir u verpak. Die verpakking is alles, nie waar nie?”) “Die vriend – ’n lesing”: Die vriendin van ’n fotograaf bely haar skuld aan die tragiese verloop van hulle verhouding. (“Dit was ek wat moes oopgaan...”)Hierdie eksentrieke karakters is almal alter ego’s saamgebind in ’n strange loop wat ook die leser intrek in sy kinkels.

Book purchase

De sneeuwslaper, Marlene van Niekerk

Language
Released
2009
Binding
(Paperback)
We’ll email you as soon as we track it down.

Payment methods

No one has rated yet.Add rating

Title
De sneeuwslaper
Language
Dutch
Released
2009
Format
Paperback
Pages
160
ISBN10
9021437538
ISBN13
9789021437538
Series
Categories
Description